Om Mamma te wees voel vir elke Mamma soos die grootste eer en voorreg.
In Moederskap word ons gelyk, word ons almal die beste wat daar is en ooit kan wees en gee ons heeltyd 180 persent van onsself.
Moederskap is ‘n uitputtende, ongelooflike, liefdesreis wat mens tot by God se aangesig bring, by Sy voete laat sit en uiteindelik sy onvoorwaardelike liefde vir ons laat verstaan!
Moederskap is nie altyd maklik nie, soms voel jy moeg, soms maak jy foute en meer male as nie voel jy onseker, maar dit is in hierdie tye wat ons na God se Woord kan keer en sien hoe Hy oor JOU vermoëns dink:
SPREUKE 31: 29